Honger genoeg om tandestokkies te eet?

Suid-Koreaanse owerhede waarsku dat mense op moet hou om hul tandestokkies in olie te braai en te eet.  Dit is nie ‘n produk wat geëet kan word nie, omdat die nodige toetse om te bepaal of dit veilig is vir menslike gebruik, nog nie gedoen is nie.  

Foto: Mint Lounge

Die meeste tandestokkies in Suid-Korea is gemaak van patats of mielieblom in plaas van hout. Hul groen kleur kom van die voedselkleursel wat in die vervaardigingsproses bygevoeg word. Sommige mense het selfs aanlynwenke aangebied oor hoe om die smaaklikheid van die tandestokkies te verbeter.  

Die tandestokkie-neiging in Suid-Korea is nie die eerste keer dat owerhede betrokke raak om mense te waarsku oor die gevaar van die verbruik van sekere items nie. In 2018 het die “Tide pod challenge” posgevat onder jongelinge. Hulle het hulself verfilm terwyl hulle aan die helderkleurige wasmiddelsakkies kou en die seep uitspoeg, soms met dodelike gevolge. Suid-Korea se ministerie van voedsel- en dwelmveiligheid het ‘n ernstige beroep gedoen op mense om die praktyk te staak.