Hou op staatsbegrafnisse uitdeel, fokus op pandemie

Die Namibiese regering moet ophou staats- en amptelike begrafnisse uitdeel en fokus op suurstoftekorte en die swak inentingsyfers. Dit is die mening van die Katutura-sentraal kiesafdeling raadslid Vezemba Katjaimo. Hy voeg by dat die Covid-maatreëls, veral die wat byeenkomste tot 10 persone beperk nie by die begrafnisse nagekom word nie. Hy sê gesondheidsfasiliteite voldoen nie aan standaarde nie en daar word op die privaatsektor staatgemaak om die gapings wat die regering geskep het toe te stop. Hy het ook ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om ingeënt te word. Hy sê in Europa en die VSA word groot sportgeleenthede gehou met toeskouers, eenvoudig omdat mense ingeënt is.