Hospitaal-opknappings kom nie klaar, ‘geld te min’

President Hage Geingob het in November die nuut-opgeknapte noodeenheid by die Katutura-staatshospitaal ingewy. Hy het ook gepraat oor die gesondheid-ministerie se omvattende plan om Namibië se openbare gesondheidstelsel te verbeter, waarvoor 16 miljard Namibiese dollar bewillig is. Intussen is dele van die hospitaal steeds in ‘n haglike toestand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Robert Maseka van die Rob Youth-stigting, wat die kraamsaal by die Katutura-hospitaal opgeknap het. Hy sê daar is nog baie werk, maar hulle het nie voldoende befondsing gehad om met die opknappings voort te gaan nie.