Hoop beskaam oor herstel van Tambo-hospitaal in Boksburg

Die verpleegvakbond in die buurland, Denosa, is nie hoopvol die departement van infrastruktuur-ontwikkeling kan die skade by die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg suksesvol herstel nie. ’n Deel van die fasiliteit is vernietig ná die gastenkwa-ontploffing naby die hospitaal op Oukersaand, waarin 37 mense dood en 50 beseer is. Die voorsitter van Denosa in Gauteng, Siphiwe Gada, glo die departement het by vorige geleenthede bewys hy is nie by magte om so ‘n deurslaggewende projek te bestuur nie. Gada sê die departement van gesondheid moet liewer die projek hanteer.