Hooggeregshof gee uitspraak oor EFF se betoging

Die hooggeregshof in Johannesburg het die DA se aansoek om die EFF se beplande betoging Maandag onwettig te verklaar van die hand gewys. Die hof het egter ‘n interdik toegestaan wat bepaal dat betogers nie paaie-, skole of besighede mag sluit nie. Die hof het voorts beveel dat die EFF al sy lede voor vyfuur vanmiddag van die hof se beslissing moet inlig. Die hooggeregshof in Kaapstad het intussen ook ‘n interdik bekom dat betogers nie dienste in die Wes-Kaap mag ontwrig of mense intimideer nie.