Hoofregter Zondo moet op rooi tapyt verskyn
Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqukala en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het ‘n dringende vergadering met hoofregter Raymond Zondo aangevra. Dit volg na die voormalige voorsitter van die Staatskapings-kommissie se opmerking dat as die verskynsel van staatskaping weer sou voorkom, die parlement nie in staat sal wees om dit te keer nie. Die vergadering is glo bedoel om enige misverstand uit die weg te ruim en om die rolle van die verskillende regeringsfunksies te benadruk