Hongkongse leier tree in Junie uit

Hongkong se leier, Carrie Lam, gaan in Junie uittree. Dit sal ‘n termyn van verdeeldheid beëindig wat gekenmerk is deur die onderdrukking van versetoptrede en streng pandemie-inperkings wat die sakesentrum in internasionale afsondering gedompel het. Na maande van gissing, het Lam bevestig sy is nie vir ‘n tweede termyn beskikbaar nie. ‘n Komitee bestaande uit die stad se politieke elite sal volgende maand ‘n nuwe leier kies. Die 64-jarige het vir maande lank vrae oor haar toekoms ontduik, maar volgens haar het sy Beijing meer as ‘n jaar gelede ingelig oor haar planne om te bedank.