Hongersnood in Ethiopië

Amptenare van die Verenigde Nasies het gesê die onlangse gevegte in die Tigray-streek van Ethiopië het gelei tot ‘n hongersnood wat nou meer as 400-duisend mense raak. Nuusagentskappe berig dat lede van die VN se Veiligheidsraad gewaarsku het dat soveel as 33-duisend kinders ernstig ondervoed is. Hulle sê ook ‘n verdere een-komma-agt miljoen mense is op die rand van ʼn hongersnood as gevolg van die agt-maande konflik.