Hondsdolheid bron van kommer in die land

Hondsdolheid is ‘n groot bron van kommer vir boere in Namibië. Dit kom hoofsaaklik by diere voor, maar mense kan ook hondsdolheid kry as hulle deur ‘n besmette dier gebyt word. Hondsdolheid is dodelik, maar die Hondsdolheid-kenner, Dr Rainer Hassel, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is voorkomingsmaatreëls. Hy sê inenting is die enigste metode. Inenting van wilde diere word met ‘n pylgeweer uit ‘n helikopter gedoen. Hassel sê daar word aan aan ‘n orale inentingsmetode gewerk, maar dit is moeilik om ‘n wilde herbivoor mondelings in te ent.