Honderde sak toe op Dolfynstrand – daar’s rooigety

Honderde mense is tans op Dolfynstrand aan die kus met ‘n rooigety wat voorkom. Daar word talle seediere uitgespoel as gevolg van die tekort aan suurstof in die water en mense maak die vis bymekaar. Daar is menings dat van die visspesies veilig is om te eet mits dit uiters goed skoongemaak word terwyl daar ander menings is dat die swael, ‘n byproduk van die alge wat vrek, baie gevaarlik is. Oor die algemeen word mense gewaarsku om tydens ‘n rooigety uit die water te bly. Dit blyk nie om die inwoners te pla nie, veral nie met die reuse-verskeidenheid spesies wat uitspoel nie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is op die toneel.

Vissery-owerhede is volgens berigte nog op pad na die toneel. Daar word verwag hulle sal die gebied afsper.