Afcon: Moenie bekommer nie, NBC sal toernooi uitsaai

Sokkerliefhebbers is diep teleurgesteld met die aankondiging dat Multichoice nie die regte bekom het om die 2023 Afcon-toernooi in die Ivoorkus uit te saai nie. Intussen berig die Namibiese staatskoerant, die New Era dat NBC, die nasionale uitsaaier, aan hom bevestig het dat hy wel die toernooi sal uitsaai en binnekort die skedule bekend sal maak. Die jongste Afcon is amptelik die 2023-uitgawe al vind dit vanjaar plaas. Die eindronde was oorspronklik vir die noordelike halfrond se somer beplan, maar dit is tot hierdie maand uitgestel om die reënseisoen in daardie streek van Afrika te vermy. Die Brave Warriors neem ook deel. Die toernooi skop op 13 Januarie af en kom op 11 Februarie tot ‘n einde.