Hommeltuigaanval tref Amerikaanse basis in Jordanië

Drie Amerikaanse soldate is dood en ten minste 34 beseer in ʼn hommeltuig-aanval in die noordooste van Jordanië naby die Siriese grens. Dis die eerste keer sedert die oorlog in Gaza begin het dat Amerikaanse soldate in die Midde-Ooste in vyandige aanvalle sterf. President Joe Biden sê hulle is steeds besig om feite oor die voorval in te samel, maar hulle weet dis uitgevoer deur radikale Iran-gesteunde militêre groepe wat in Sirië en Irak bedrywig is. Hy sê hulle sal almal wat aanspreeklik is, laat boet.