Hommeltuie en walvis-gedrag

Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe in Suid-Afrika het met die Soogdiernavorsingsinstituut van die Universiteit van Pretoria saamgespan vir ‘n navorsingsprogram oor die gedragspatrone van die Suidelike Noordkaper waarvoor hommeltuie gebruik is. Lourens Leeuwner van die Trust sê hommeltuie is koste-doeltreffend en nie-indringend nie, wat beteken navorsing kan regdeur die jaar plaasvind. Hy sê die walviseenheid sal in November sy bevindinge by die tweede hommeltuig-gebruikerskonferensie in die Wes-Kaap bekendmaak: