Hofsaak plaas soeklig op Okahandja-munisipaliteit se salarisse

Elifas Amunyela dagvaar die munisipaliteit van Okahandja vir net meer as 3,9 miljoen Namibiese dollar. Hy sê in sy stukke dat hy tussen Maart en Julie 2018, vir ‘n onderhoud by die munisipaliteit gesit vir die pos van strategiese uitvoerende hoof van finansies, kommunikasie tegnologie en batebestuur. Hy sê terwyl hy die hoogste punte behaal het, is hy nie aangestel nie as gevolg van drie voormalige werknemers by die munisipaliteit, wat in Januarie 2022 gearresteer is op klagte van bedrog. Daarom, sê hy, bring hy nou die saak. Hy eis die geld vir wat sy salaris sou wees oor die vier-jaar kontrak wat hy sou ontvang het. Wat die saak so skokkend maak is dat die pos se vergoeding amper 82 000 Namibiese dollar maandliks beloop het, in 2018. Okahandja se munisipaliteit sukkel om basiese dienste te lewer, lewer geen gedienste grond nie, vullisverwydering staan gereeld stil omdat vragmotors stukkend en is en paaie val uitmekaar uit. Die saak kom vandag in die hoërhof voor regter George Coleman voor vir saakbeplanning. Die munisipaliteit verderdig die aksie.