Ouma, 67, ry kleinseun, 11 maande oud, dood

’n Saak van strafbare manslag is oopgemaak na ‘n 67-jarige ouma van die Onalunike-dorpie in die Omuthiya-gebied van die Oshikoto-streek haar 11-maade oue kleinseun Woensdag namiddag doodgery het. Sy het volgens die polisie haar kleinseun, wat agter die motor geslaap het, doodgery to sy haar motor in tru-rat geplaas het en uit die erf gery het. Die kleintjie is by die hospitaal dood verklaar. Kommissaris Teopoline Kalompo-Nashikaku, die streekbevelvoerder vir die Oshikoto-streek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.