Hof verbied langafstandbusse by Puma

Langafstandbusse wat vanaf die Puma-diensstasie in Windhoek se Rhino Park-gebied sit sonder heenkome na ‘n hofbevel wat hul teenwoordigheid by die perseel verbied. Die Namibië Openbare Passasiersvervoervereniging, bekend as Nabta het dit bevestig en sê die dispuut duur reeds sedert 2013 voort. Hy sê hy is dringend op soek na ‘n nuwe perseel maar volgens sy sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo is die busdrywers nie sonder ‘n perseel nie om sake te bedryf nie. Meer as 100 langafstandbusse het die diensstasie benut as vertrekpunt.