Twee Suid-Afrikaners vas by grenspos vir omkopery

Twee Suid-Afrikaners is by die Klein Manasse-grenspos by Aroab in hegtenis geneem op klagte van omkopery. Die twee mans, 42 en 30 jaar oud, het volgens die Namibiese polisie, gepoog om ‘n immigrasie-beampte met 1 500 Suid-Afrikaanse rand om te koop om toegang tot Namibië te kry. Hulle het blykbaar vervalste werkspermitte aan die beampte verskaf. Die polisie se ondersoek duur voort en dit is nie bekend of die twee vandag in die hof sal verskyn nie.