Hof gooi Unita se aansoek uit 

Angola se Konstitusionele Hof het Unita se aansoek om die uitslae van die afgelope verkiesing nietig te verklaar, van die hand gewys. Volgens die land se verkiesingskomissie het net meer as 51 persent van kiesers vir die MPLA gestem met Unita wat 44 persent van die stem op hom verenig het. Unita-leier, Adalberto Costa Junior, het die uitslae verwerp met verwysing na verskille tussen die kommissie se telling en die party se eie telling. Hy het die verkiesingskommissie, wat meestal deur die MPLA beheer word, van bedrog beskuldig.