Hof genader oor geheime stemming teen Cyril

Die African Transformation Movement verskyn vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof in ‘n poging om ‘n geheime stemming in die mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa te verseker. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het verlede maand sy versoek om ‘n geheime stemming van die hand gewys. Die party sê die speaker se besluit was ‘n fout en vra die hof om dit ter syde te stel. Die mosie word Woensdag debatteer.