Hoësorg Covid-gevalle styg

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 105 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 33, Oshakati 15, Walvisbaai en Mariental onderskeidelik 8 elk en Aranos en Swakopmund 7 elk. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 242 aktiewe gevalle, 48 247 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 51 218. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 718. Daar is 215 pasiënte in die hospitaal met 66 in hoësorg.