Hoërskoolkinders speel VN-VN

Die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum in Windhoek in samewerking met die Britse hoë kommissariaat in Namibië gaan op 10 en 11 November die Model Verenigde Nasies Namibië Hoërskool-konferensie aanbied. Afgevaardigdes van tien hoërskole gaan deelneem en die tema is “The role of fossil fuel production in the climate crisis.” Naomi Boys van die kommissariaat sê dit is ‘n goeie geleentheid vir die jeug om kritieke denke te ontwikkel.