Hoërhofregter onttrek haar van buitelandse valute-handelaars se saak

Windhoek hoërhofregter Claudia Claasen het haarself vandag onttrek van die saak van die die buitelandse valuta-handelaars Michael Amushelelo en Gregory Cloete. Amushelelo en Cloete staar verskeie klagtes in die gesig wat geldwassery en bedrog insluit. Hulle word daarvan verdink dat hulle ‘n piramiede-skema bedryf het. Regter Claasen het glo persoonlike verhoudinge met van die getuies in die saak. Die twee beskuldigdes is uit op borgtog van 35 000 Namibiese dollar elk en verskyn weer op 19 Mei voor ‘n ander regter in die hof.