Hoërhof herroep Namibies-gebore man se dokumente

Die Windhoekse hoërhof het vandag die nasionale dokumente van ‘n man wat 22 jaar gelede in die Otjiwarongo-staatshospitaal gebore is, herroep. Regter Boas Usiku het ‘n aansoek waarin ‘n 22-jarige man, Russell Kwizera, wat in Namibië gebore is van Burundiese vlugteling-ouers, met koste van die hand gewys. Kwizera het die ministerie van binnelandse sake hof toe gesleep is, omdat hulle geweier het om ‘n Namibiese paspoort aan hom uit te reik, alhoewel hy Namibiese dokumente besit. Regter Usiku het bevind Kwizera se ouers het Namibië in 2000 binnegekom en om vlugtelingstatus aansoek gedoen, maar ten tyde van hul seun se geboorte het hulle nog nie vlugtelingstatus verkry nie. Kwizera, ‘n derdejaar mediese student aan die Universiteit van Namibië is, se geboortesertifikaat en Namibiese identiteitsdokument is herroep.