Hoenderpryse gaan nog styg in SA

Die buurland se Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders waarsku teen komende prysstygings van pluimvee gedurende die feestyd en in die nuwe jaar, weens die voëlgriep-uitbreking en trae optrede deur die regering. Die bedryf het 83 miljoen bevrugte eiers ingevoer, wat drie keer meer gekos het as hoenders wat plaaslik gevoer is. Die uitvoerende hoof, Paul Matthew, vra die regering om onmiddellik in te gryp om die dreigende krisis op te los, en sê die onvermydelike prysstygings sal verbruikers benadeel, veral die armes. Hy vra vir maatreëls om die prys van pluimvee bekostigbaar te hou.