Honderde leerders kry voedselvergiftiging

Die DA in Gauteng sê meer as 832 leerders in die provinsie het die afgelope vyf jaar voedselvergiftiging opgedoen. Die LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het dit in die provinsiale wetgewer onthul na aanleiding van ‘n vraag van die party. ʼn Woordvoerder van die DA, Khume Ramulifho, sê die provinsiale onderwysdepartement doen nie genoeg om te verseker dat skoolbeheerliggame gehoor gee aan die ontwikkelde riglyne van die departement van basiese onderwys vir die bestuur van voeding en verskaffers nie.