Hoekom het jul 10 jaar gewag om te kla, vra Reho-burgemeester

Die burgemeester van Rehoboth Enrico Junias sê die dorpsraad het ‘n vragmotor aangeskaf om ligte in en om die dorp te herstel. Donker strate het bygedra tot misdaad en geweld teen vroue. Junias sê inwoners moes lankal opgeruk het omdat die situasie reeds tien jaar duur.