Hoë spoed, dronkbestuur oorsake van padongelukke

Altesaam 8 547 jong mense tussen die ouderdomme van 21 en 34 het oor drie jaar vanaf 2019 tot 2021 op Suid-Afrikaanse paaie gesterf volgens statistieke van die Padverkeers-bestuurs-korporasie in die buurland. Die ouderdomskategorie wat die ergste geraak word, is diegene tussen die ouderdomme van 30 en 34, met 3 661 van hulle wat weens padongelukke sterf. Van die faktore wat bydra tot die hoë aantal padsterftes onder die jeug, sluit in volgehoue risiko-gedrag soos onwilligheid om veiligheidsgordels te gebruik, hoë spoed en bestuur onder die invloed van alkohol. Nampol se hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement sê aan Kosmos 94.1 Nuus dieselfde faktore lei tot ongelukke in Namibië.