GIPF finansieel gesond

Die Pensioenfonds vir Staatsinstellings, bekend as GIPF, het aangekondig dat die fonds in ‘n finansieel gesonde posisie is, aangesien hy genoegsame bates het om sy laste na te kom, met ‘n befondsingsvlak van 113,89 persent op 31 Maart 2021. Die GIPF se Statutêre Aktuariële Waardasieverslag vir 2021 is bekend gestel, wat aandui dat die fonds nie net ‘n befondsingsvlak-verhoging van 100,7 persent sedert die vorige waardasie-tydperk aangeteken het nie, maar ook ‘n aktuariële surplus van 16,522 miljard Namibiese dollar het.