Hoe op dees aarde voorspel Bill Gates a pandemie?

Bill Gates, medestigter van Microsoft, wat die Covid-pandemie in 2015 voorspel het, het gewaarsku oor nóg pandemies in die toekoms. Gates, wat dit sewe jaar gelede duidelik gemaak het dat regerings nie voorbereid was op ‘n pandemie nie, se voorspelling was reg oor koronavirus. Nou vra mense op sosiale media hoe voorspel Bill Gates pandemies, as hy nie ‘n mediese agtergrond het nie? Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit werk.