Hlophe: speaker kry regsadvies oor pad vorentoe

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa Nqakula, het ‘n brief van die waarnemende voorsitter van die Regterlike Dienstekommissie, regter Sisi Khampepe, ontvang oor hul besluit oor die regter-president van die Wes-Kaap, John Hlophe. Die kommissie het vandeesweek ten gunste daarvan gestem dat Hlophe in ‘n staat van beskuldiging geplaas moet word. Die Regterlike Gedragstribunaal het Hlophe in April eenparig skuldig bevind aan growwe wangedrag nadat hy in 2008 probeer het om twee regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker kry regsadvies oor die pad vorentoe: