Hill-Lewis vaar uit teen Cele se ‘skiet dood’ opdrag

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, verwerp die minister van polisie, Bheki Cele, se opdrag aan lede van die polisie om te skiet om dood te skiet. Hy het ʼn Wes-Kaapse geleentheid oor die feestyd in Mitchells Plain toegespreek. Volgens Hill-Lewis is Cele se opmerkings ʼn uitnodiging om die wet te verbreek. Hy sê die Strafproseswet verskaf duidelike riglyne oor polisielede se toepaslike en proporsionele gebruik van geweld: