Hierdie vlaag is heel anders – Sooliman

Die Suid-Afrikaanse welwillendheidsorganisasie, Gift of the Givers was tydens die derde vlaag Covid-infeksies baie besig, veral met die aflewering van suurstof en ander voorraad aan pasiënte en gemeenskappe regoor die land. Dr. Imtiaz Sooliman van die organisasie, sê dié vlaag is heel anders. Hy sê sy span is ontspanne en daar is geen vraag na suurstof nie. Tydens die derde vlaag het hulle tussen die agste en 17de dag van infeksie komplikasies by Covid-pasiënte ervaar maar met Omikron was daar teen die 16de dag nog geen van dié ontwikkelings nie. Wetenskaplikes het onlangs bevind dat Omikron eerder in die weefsel van die lugweë repliseer en nie in die longe, soos Delta nie.