Hierdie fossiel kon praat…

Mexikaanse paleontoloë meen ‘n nuwe soort dinosourus wat hulle uitgeken het, kon goed kommunikeer. Die diere het blykbaar, soos olifante, lae-frekwensie geluide gebruik om met mekaar te praat. Navorsers aan die land se Nasionale Instituut vir Antropologie en Geskiedenis glo dat Tlatolophus galorum se helm moontlik rooi was. Die voorbeeld wat hulle bestudeer, het vermoedelik ongeveer 72-miljoen-jaar gelede uitgesterf in die noordelike dele van Mexiko. Dit kon tussen 8 en 12 meter lank gewees het, want die stert alleen is ongeveer 6 meter.