Hidrobreking-regulasies met weerstand begroet

Die nuut-voorgestelde wysigings aan hidrobreking-regulasies in Suid-Afrika is met baie weerstand van die burgerlike samelewing, omgewingsgroepe en kundiges begroet. Die moontlikheid van hidro-breking in die Karoo het reeds jare terug ‘n hewige debat ontketen terwyl Suid-Afrika probeer het om skalie-gas te ontgin om by sy energie-mengsel te voeg. Talle belanghebbendes meen die regulasies is onduidelik en die moontlikheid wek kommer rondom veiligheid, die ekonomie en die omgewing. Die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, het vroeër die maand die nuwe wysigings vir openbare raadpleging gepubliseer.