Het wetenskaplikes die ‘fountain of youth’ ontdek?

Wetenskaplikes sê hulle het ’n metode ontwikkel om veroudering in menslike velselle met 30 jaar om te keer. Professor Wolf Reik, die groepleier van die Epigenetika-navorsingsprogram by die Cambridge-instituut sê hulle het dit reggekry om die funksie van ouer selle gedeeltelik te herstel, asook om die biologiese ouderdom van die selle om te keer. Die nuwe, gedeeltlike jonger selle reageer soos jeugdige selle in hul funksie. Die groep het gene geïdentifiseer wat selle herprogrammeer, ‘n belangrike stap – ook vir mediese navorsing in verband met selterapie.