Herrie oor my pa was waninterpretasie – Djokovic

Novak Djokovic het teruggekap oor wat hy sê ‘n “waninterpretasie” was van foto’s wat wys hoe sy pa by die Australiese Ope met ‘n Russiese vlag waarop Vladimir Putin se gesig is, poseer het. Hy hou vol dat geen kwaad daarmee bedoel is nie. Djokovic sal vandag teen Stefano Tsitsipas in die finaal in die Australiese Ope te staan kom. Hy sê hy hoop sy pa, Srdjan, wat nou omstredenheid gehul is, sal daar wees. Die 35-jarige Djokovic het beklemtoon dat sy pa “geen voorneme gehad het om enige oorlogsinisiatiewe te ondersteun nie”. Na beroepe dat hy uit die toernooi verban word het Srdjan gesê dat hy geen ontwrigting wou veroorsaak nie.