Herrie is steeds los oor Will Smith en sy Oscar…

Die organiseerders van die Oscars-seremonie sê hulle keur nie geweld goed nie. Op Twitter is daar gereageer na ’n voorval waarin die akteur Will Smith die aanbieder Chris Rock tydens die regstreekse uitsending in die gesig op die verhoog geslaan het. Daar is oproepe uit sommige oorde dat Smith se beste akteur-toekenning teruggeneem moet word maar die Academy of Motion Picture Arts and Sciences het nog geen melding van so iets gemaak nie. Smith het Rock geklap na Rock aanmerkings oor sy vrou Jada, se hare gemaak het.