Herrie is los oor Unam wat Swapo toelaat maar nie PDM nie…

Die bestuur van die Universiteit van Namibië word beskuldig van vooroordeel na verkiesingverwante aktiwiteite van die Swapo-jeugliga se Unam-tak toegelaat is om op kampus voort te gaan. Dit was net ure na ‘n geleentheid van die Unam Politieke Wetenskap-vereniging, waar die PDM-parlementslid Inna Hengari een van die sprekers sou wees, deur sekuriteit stopgesit is. Daar is sedert April ‘n permanente verbod op politieke aktiwiteite op Unam se kampusse. SPYL is ontbied vir navrae, volgens Unam se woordvoerder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Inajovandu Katjepunda, woordvoerder van die PDM-jeugliga, wat die hulle standpunt gee.