Herrie is los oor brandstofpryse in Kenia

Brandstofpryse wek oral kommer en so ook in Kenia. Pryse het die week ‘n rekordhoogte bereik nadat die energiereguleerder pomppryse hersien het. Die aankondiging deur die Energie- en Petroleumregulerende-owerheid in die land het die kleinhandelprys van ‘n liter petrol op ‘n ongekende meer as 200 Keniaanse sjielings, of 25 Namibiese dollar en 81 sent bepaal. Keniane staar reeds ‘n lewenskostekrisis in die gesig met stygende pryse vir baie stapelvoedsels, ‘n reeks nuwe belastings en ‘n dalende sjieling. Opposisiebetogings teen president William Ruto se regering en sy ekonomiese beleid is vanjaar gehou, waarvan sommige in dodelike geweld ontaard het. In die hoofstad Nairobi kos ‘n liter petrol nou 27 Namibiese dollar en 22 sent terwyl diesel teen 26 Namibiese dollar 22 sent per liter verkoop.