Heropening van Rundu-abattoir verwelkom

Boere regoor die land word gemaan om diere te bemark na die swak reënseisoen. Dit is veral belangrik voor die diere kondisie verloor. Dus het produsente in die twee Kavango-streke die heropening van die Rundu-abattoir verwelkom. Meatco se bod was suksesvol en die maatskappy slag reeds by die aanleg. Die abattoir verwerk op die oomblik ongeveer 60 beeste weekliks maar, het kapasiteit om tot 100 diere ‘n dag te verwerk. Meatco se uitvoerende hoof, Mwilima Mushokobanji, sê die maatskappy gaan voort om winsgewende Afrika- en internasionale markte te bekom tot voordeel van produsente in die noordelike kommunale gebiede. Hy het ook ‘n beroep op die regering gedoen om sy strategie vir plaaslike ondersteuning te verskerp.