Hentiesbaai en Rossmund het volgende week kragonderbrekings

Erongo Red het aangekondig dat kragonderbrekings Dinsdag in die Hentiesbaai-omgewing en Woensdag by die Rossmund-gholflandgoed buite Swakopmund sal plaasvind. Volgens Erongo Red sal NamPower jaarlikse onderhoud op die gebiede se kraglyne uitvoer. Die kragonderbrekings sal vanaf nege-uur die oggend tot vier-uur die middag plaasvind. Die Hentiesbaai-kraglyn se onderbrekings sal geld in Hentiesbaai-dorp, asook die gebiede van Vergenoeg en Spitzkoppe.