Henties-gemeenskap geskok oor moord op bejaarde

Hentiesbaai se gemeenskap is geskok oor die moord op ‘n bejaarde afgetrede polisiebeampte, Karel Thomas, op Hentiesbaai. Thomas, in sy tagtigs, is glo Sondag deur drie vreemde mans met ‘n hamer en hark aangeval. Gemeentelede van ‘n kerk het onraad vermoed en die polisie gekontak. ‘n Bewustelose Thomas is gister gevind en per ambulans na die Cottage Private Hospitaal op Swakopmund geneem, maar hy het laasnag aan sy beserings beswyk.