Hemel-hoë huur: Regering voel niks vir bevolking nie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in ‘n verslag aanbeveel dat ‘n huurbeheer-wetsontwerp dringend ontwikkel moet word en ‘n huurbeheerraad gestig moet word, om huurders te beskerm. Namibië se huur-tot-inkomste verhouding is tans 39 persent, net onder die voorgeskrewe bekostigbaarheidsplafon van 40 persent. Die Affirmative Repositioning-beweging het reeds verlede jaar ‘n beroep op die stedelike ontwikkeling-ministerie gedoen om ‘n huurbeheer-wetsontwerp as ‘n saak van dringendheid af te handel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, ‘n aktivis van die beweging, wat sê die gesloer met die wetsontwerp wys dat die regering nie omgee nie.