‘Help ons in die houtskoolmark’

Inheemse houtskoolprodusente versoek die regering om hul toetrede tot die internasionale houtskoolmark te vergemaklik en hulp te verleen met die nodige toerusting. Die beroep is gedoen tydens die Namibiese inheemse houtskoolgemeenskappe en produsentevereniging se behoefte-identifikasie werksessie in Gobabis. Ndjoura Tjozongoro, ‘n houtskoolprodusent van die Omaheke-streek, sê hulle het ondersteuning nodig in terme van toerusting en finansiering. Shumon Khalid, ’n sakeondersteunings- en waardekettingkenner van die handel-ministerie, sê die regering het houtskool geïdentifiseer as ‘n potensieel sterk waardeketting. Nuwe markte kom wêreldwyd na vore, wat aansienlike potensiaal vir Namibië bied, volgens Khalid.