Help jeug om te floreer: ekonoom

Die jaar 2023 is deur president Hage Geingob tot die ‘jaar van herlewing’ verklaar, met hoër produktiwiteit wat volgehoue ekonomiese groei en ‘n verbeterde lewenskwaliteit vir alle Namibiërs kan verseker. Dit is egter moeilik vir meeste van die jeug om produktief te wees, weens die groot gebrek aan werksgeleenthede. Die president het ook gevra dat die jeug in leierskapstrukture ingesluit word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, wat sê ‘n omgewing moet geskep word vir die jeug om te floreer.