Hamas in Egipte vir samesprekings

Egipte ontvang ʼn hoёvlak-afvaardiging van Hamas vir samesprekings wat daarop gemik is om die oorlog met Israel, wat al 12 weke voortduur en die Gaza-strook verwoes het, te beëindig. Die vergadering in Kaïro vind plaas terwyl gevegte onverpoosd voortduur in die suidelike en sentrale dele van die Palestynse gebied. Die Palestynse Red Crescent Society sê Israel se bombardement naby ʼn hospitaal in die suide van Gaza het 41 mense oor die afgelope twee dae gedood.