Help die Royal Hotel in Pelgrimsrus

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep op die LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer in die provinsie gedoen om ‘n plan voor te lê om die 127-jaar-oue Royal Hotel in Pelgrimsrus te red. Die DA sê toe die Mpumalanga regering onlangs vrae beantwoord het, is daar gesê die hotel het in die 2019-2020 boekjaar ‘n netto verlies van meer as 3 miljoen Namibiese dollar gely en is insolvent. Die party sê vanaf 2012 is daar min gedoen om die geskiedkundige dorp te beskerm.