Helikopter ontbied om teen-stropingshond by te staan

‘n Teen-stropingshond van Mpumalanga is besig om te herstel ná ‘n nare ervaring met ‘n aggressiewe seekoei. ‘n Laeveldse helikoptervlieënier van die bewaringsorganisasie, Hope for Wildlife, Jana van Niekerk, sê die hond en sy hanteerder het haar weereens laat besef Afrika is nie vir sissies nie. Van Niekerk het die hond en sy hanteerder vanuit die lug in ‘n reservaat naby die Kruger Nasionale Park gesoek. Sy sê hulle het na die voorval in ‘n dig-bebosde gebied verlore geraak: