Helikopter ingespan om na vermiste meisie naby Etosha te soek

Ongava Lodge aanliggend aan die Etosha Nasionale Park het hul helikopter ingespan om te help soek die vermiste tienjarige meisie, Kototo Poshiwololwe van die plaas Nuxas in die Outjo-distrik. Sy en ‘n vyfjarige seuntjie het vyf dae gelede veld toe gegaan om na bokke te soek. Die seuntjie is later by ‘n buurplaas gevind, maar Kototo het nie teruggekeer huis toe nie. Volgens die Namibiese polisie is die soektog bemoeilik omdat daar nie ‘n foto van Kototo beskikbaar is nie. Die hoofbestuurder van Ongava Lodge, Rob Moffet, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die soektog na die vermiste meisie duur nog voort.