Helfte van SA se onderwysers sal binnekort aftree, maar dis ‘n geleentheid

Byna die helfte van onderwysers by openbare skole in Suid-Afrika is in hulle vyftigs, wat beteken hulle gaan die beroep heel waarskynlik binne die volgende tien jaar verlaat. Dit is die bevinding van die onlangse 2030 Leespaneel se 2021-agtergrondverslag. Die programdirekteur van die Jakes Gerwel-genootskap, Jeremy Gibbon, sê hoewel die situasie as ‘n krisis voorkom, kan dit in ‘n groot geleentheid omskep word: